Tien (10) van Hoƫrskool Upington se atlete het die naweek aan Cradock se Top 10 byeenkoms deelgeneem.
Dit was hul eerste byeenkoms van die seisoen en die spiere was nog maar styf, maar dit het hul nie gekeer om baie goeie prestasies te behaal nie.
HU wil hierdie jaar en 2017 van atletiek `n prioriteit maak en die atlete oefen kliphard onder leiding van die Springbok atleet, Ruben Ramolefi.
Mev. Anneke Loots is ook aan boort en sy, Ruben en Mev. May wil atletiek in HU tot nuwe hoogtes bring.
Henru Kotze het die naweek aan die Top 10 atletiek byeenkoms te Cradock deelgeneem.
Henru het vroeĆ«r die week sy voet erg beseer en ten spyte van dit het hy 4de in die 400m S O/17 gekom – `n merkwaardige prestasie as jy in ag neem dat die ander van Paarl Gim, Boys High, Grey, ens. gekom het.
Met seer voet en al hardloop Henru toe ook nog `n 200m.
HU se afrigters oorhandig aan hom die Cup of Courage vir sy deursettingsvermoƫ en lojaliteit.
Nicolene Loots en JJ Snyders (foto onder) was die uitblinkers van die Uppie-span tydens Cradock se Top 10 Atletiek byeenkoms.
Nicolene verower silwer vir die 100mH en 400m H. JJ verower 2 Goue medaljes vir die 100mH en die 200m.
Hierdie atlete is al vroeg in die seisoen in goeie vorm en kan nog beter presteer later.
Op die foto bo:
Agter: Ā Henru Kotze, Jolan Smith, Marco v/d Merwe, Venter Scholtz, Jay-F vd Heever
Voor: Ā Nicolene Loots, Monique Valla, JJ Snyders, Angus Damarah, Lemley Mulder