Dinsdag, 7 Februarie, het Uppies se 0/15 krieketspan en Velties se 0/15 span meegeding om die liga finaal. Uppies het die loot gewen en Velties ingestuur om eerste te kolf. Die Uppie seuns het hul uitstekend van hul taak gekwyt met die bal, en die paaltjies het kort-kort gekantel. Uppie se boulers het werklik uitgeblink en Velties beperk tot net 47 lopies. Beste boulers was Clemens Terblanche met 4 paaltjies en Hein Neser en Brend Mulder elk met 2 paaltjies.

Daarna het die Uppie seuns die kolf gevat en die wen probeer in katrol. Uppies behaal die wenlopies in die 12de beurt, met die verlies van 5 paaltjies. Spelers wat uitgeblink het met die kolf was Ian Erasmus met 17 lopies nie uit nie, en Ferdi Richter met 11 lopies. Uppies se 0/15 krieketspan wen dan die wedstryd met 5 paaltjies en beklink ook die liga! Perfekte manier om die seisoen af te sluit!

Name van spelers op foto:

Agter links na regs: Bradley Gous, Brend Mulder, Geo Engelbrecht, Ian Erasmus, Daylen Beukes, Mnr. SD Botes, Siva Moodley, Michael Wessels, Grannon Brand, Ferdi Richter, Theuns Theunissen.

Voor links na regs: Gideon Breedt, Hein Neser, Adri Hudson, Clemens Terblanche.

 

Become a Sponsor