Rolbal Suid-Afrika het die provinsiale toernooie vanaf onder 18 en onder 25 toernooie verander na onder 15, onder 20 en onder 30 toernooie. Die toernooie vind in Bloemfontein plaas vanaf 4 tot 7 April 2017.
Noord-Kaap het gister hulle spanne vir die onder 20 toernooi bekend gemaak. Daar is 2 onder 20 spanne bekend gemaak en hulle word aangevoer deur onderskeidelik Wihan Fourie (oud-skolier) en Cobus Fourie (graad 10). Wat veral vir Cobus ‘n baie groot pluimpie is, is die feit dat hy as die jongste speler in sy span aangewys is as skipper van die span.
Baie geluk Cobus en Wihan met jul prestasies.
Become a Sponsor