)

Uppie bied Groot sport tydens Groot Interjol

Hierdie naweek, vanaf 8 Augustus, bied Hoërskool Upington weer die jaarlikse derby tussen Hoërskool Upington en Hoërskool Duineveld.

Opwinding heers al seker die afgelope maand oor dié groot ontmoeting en almal oefen kliphard om elk hul beste te gee.

Die hele week is daar in lywige program en selfs dié wat nie van sport hou nie, kan aan die sports deelneem en van dié Groot Interjol `n heerlike gebeutenis maak wat groot en klein sal onthou.

Groot Interjol vind hierdie jaar by Hoërskool Upington se bane plaas en alle sport is gerieflik naby aan mekaar en u sal na al die hoofwedstryde kan kyk sonder dat u te ver hoef te loop. Daar is baie sitplek, maar u word genooi om u eie stoele te bring sodat u kan sit waar dit vir u gemaklik is.

Program vir aktiwiteite vóór Interjol:

Donderdag, 25 Julie 2019: Skiet om 16:30 on skoolsaal
Maandag, 5 Augustus 2019: Redenaars om 18:00 in skoolsaal. Skoolkoor sing informeel by Redenaars
Dinsdag, 6 Augustus 2019: Vasvra om 18:00 in skoolsaal
Woensdag, 7 Augustus 2019: Tennis 1ste span om 13:00 by Hoërskool Upington bane
Vrydag, 9 Augustus 2019: Saalbyeenkoms in Saal om 9:45 en Tee direk daarna in Klubhuis Skaak om 12:00 in skoolsaal
Vrydag, 9 Augustus 2019: Spar Chefkompetisie om 10:00 by die Kalahari Mall
Vrydag, 9 Augustus 2019: Tennis 2ste span om 13:00 by Hoërskool Upington bane

Ons wil alle oud-Uppies spesiaal uitnooi na die saalbyeenkoms Vrydag, 9 Augustus, om 9:45 in ons skoolsaal. Ons wil graag alle oud-Uppies en selfs nuwe Uppies uitnooi na dié geleentheid. `n Spesiale uitnodiging aan alle oud-onderwysers soos Joggie van der Merwe, Willem Visser, Jacomien Esterhuizen en baie ander wat deel van ons skool was.

Tydens dié geleentheid sal Niël de Villiers (1979 matrikulant) die gehoor toespreek en motiveer. Daar sal ook ná die saalbyeenkoms `n tee vir alle belangstellendes en reünie-groepe wees. Kom asseblief en kom geniet die “familie-byeenkoms” saam met ons. Gesels oor die ou dae, goeie herinneringe en die bou van nuwe vriendskappe.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal