Tygerberg Eisteddfod. Hoërskool Upington se dogterskoor het vanjaar weer aan die Tygerberg Eisteddfod in Kaapstad deelgeneem. Uppies se koor en ‘n goue toekenning verwerf.
Die koor het, as laaste voorbereiding vir die optrede, ‘n meestersklas bygewoon. Die klas was aangebied deur Hannelize du Plessis, dirigent van Hoërskool Bellville se koor. Daarna het hulle Babylonstoren besoek. Daar het die leerders meer geleer oor die geneeskundige waarde van natuurlike produkte. Die meisies het ook Tafelberg besoek.
Met ‘n Besoek aan die Baxter-teater, waar die meisies na die “Hairspray” musical kon kyk, is die toer afgesluit.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf