Kate Nugent van Hoërskool Upington het aan die Griekwaland-Wes Tweekamp Kampioenskappe te Kimberley deelgeneem.
Kate het uitstekend gevaar en verwerf `n goue medalje. Sy het ook die trofee ontvang vir die beste meisie atleet in die onder 15 afdeling.
Sy is ook opgeneem in die span om Griekwaland- Wes te verteenwoordig tydens die SA Tweekamp Kampioenskappe in Pretoria op 30 & 31 Maart.
Baie geluk met jou prestasie. Uppies is baie trots op jou!!