Tweede Liga Hengel Bloemhofdam. Agt hengelaars van Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp, het uitstekend presteer by die Tweede Liga Hengel Bloemhofdam.
Alexis Booysen het ‘n eerste plek behaal. Liezel Fourie het ‘n tweede plek behaal en sy het ook die swaarste karp met ‘n gewig van 2.25 kg gevang. Hoërskool Wesvalia se meisies het algeheel ‘n eerste plek behaal.
Verdere prestasies behaal:
- Jaydon le Roux: 2de plek
- Janco Fourie: 2de plek
- Dean Taljaard: 3de plek
- Lawrence Botes: 3de plek
- André Mouton: 3de plek
- Ludwig Pretorius: 3de plek
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf