Grey Kollege spog met twee SA-atletiekkampioene na die afgelope ASA nasionale kampioenskappe wat vanaf 8-11 April in die Paarl aangebied is.
Aron Alvarez Aranda (o/18) het goud verower in die skyfwerp (diskus) met ‘n afstand van 63,46m en DJ Liebenberg (o/20) het goud verower in die gewigstoot met ‘n afstand van 19,09m! Hierdie prestasie het ook vir DJ tweede op die wêreldranglys geplaas!
Aron het in die hamergooi ‘n bronsmedalje verower met ‘n afstand van 58,44m, terwyl DJ ‘n vierde plek verower het in die diskus met ‘n persoonlike beste afstand van 51,64.
Foto’s en video verskaf