• About Us
  • Advertise
  • Contact Us
Tuesday, January 26, 2021
20 °c
Cape Town
18 ° Tue
18 ° Wed
18 ° Thu
19 ° Fri
Schools That Rock
No Result
View All Result
  • Login
  • Register
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us
No Result
View All Result
Schools that Rock
No Result
View All Result
ADVERTISEMENT

TWEE SA-kampioene en 8 medaljes vir NHS op SA’s

schoolsthatrock by schoolsthatrock
April 1, 2019
in Uncategorized
0
0
SHARES
10
VIEWS
Share on FacebookShare on TwitterShare on Whatsapp

Hoërskool Nelspruit is baie trots op hul twee SA-kampioene asook die agt medaljes wat hul atlete op die SA Atletiekkampioenskappe behaal het. Hiermee meer oor die afgelope 2019 Skolekampioenskappe (21-23 Maart) te Port Elizabeth en die ASA se nasionale byeenkoms vir Jeug (onder 18) en Juniors (onder 20), van die daaropvolgende naweek (28-30 Maart) in die Paarl.

Om ‘n medalje by die nasionale kampioenskappe (SA’s) te verower, is die droom van enige hardwerkende atleet. Vanjaar het NHS se sterre veel meer vermag, toe twee as 2019-kampioene gekroon is, en ‘n prag-totaal van agt medaljes (twee goud, ses silwer) Laeveld toe gebring is! Die 2019 Skolekampioenskappe het die naweek van 21-23 Maart te Port Elizabeth plaasgevind, met ASA se nasionale byeenkoms vir Jeug (onder 18) en Juniors (onder 20), wat die daaropvolgende naweek (28-30 Maart) in die Paarl aangebied is.

READ ALSO

Schools That Rock chat to Zander Steyn

Schools That Rock gesels met Olga van Niekerk

Toe Gauteng-Noord se Markus Kotzé in Port Elizabeth die gewigstoot-titel (s.17) met ‘n reuse stoot van 19,70m ingepalm het, was Nellies se Douw Kruger (19,25m) amper ‘n halwe meter agter in die silwer-medalje posisie. Daar is sekerlik deur entoesiaste verwag dat Kotzé ook die Jeug-titel sou wen, maar NHS se Douw Kruger het ander planne gehad! Hy trek los met ‘n allemintige 19,99m, wat die Paarl-skare op hul voete gehad het.

ADVERTISEMENT

Kotzé was wel tweede, maar dié keer ‘n volle 1,05m agter Douw. Haal die hoed hoog af vir hierdie gr.11-leerling, ‘n man wat nie met hom laat mors nie – en wat ken van Nellie-‘guts’! Tans beklee Douw Kruger die nr.2-posisie op die wêreld-ranglys, met net Trinidad en Tobago se Jeron James (21,92m op 14 Maart, te Port of Spain) wat vanjaar al ‘n beter afstand kon haal. Goud by die komende Afrika-kampioenskappe in die Ivoorkus, is sekerlik nou in Douw se visier – baie sterkte!

Zander van der Merwe (s.17) is sekerlik atletiek se verrassingspakkie van die jaar! Hierdie toegewyde seun het sy persoonlike beste deur die seisoen telkens van byeenkoms na byeenkoms verbeter. Toe hy eers deur die 60m-grens gebreek het, was daar geen keer aan Zander nie.

Alhoewel hy vanjaar reeds spog met ‘n persoonlike beste van oor die 69m, was ‘n ‘beskeie’ 65,50m goed genoeg om Zander van der Merwe in Port Elizabeth as die nuwe SA-spiesgooikampioen vir 17-jariges, te kroon. Gauteng se Ruan Human (64,26m) moes met silwer tervrede wees.

Al kon Zander in die Paarl nie sy prestasie herhaal nie, kan hy heel trots voel op die 62,11m (vierde) wat hy aldaar gegooi het.

Dit bring ons by die silwerware, waarvan die Nellies ses eksemplare verower het. Bo-aan die lysie, moet die naam van gr.8-leerling Ashley Erasmus uitgesonder word. Om in die geselskap van jou ‘seniors’ (Ashley is vanjaar nog onder 14), tweede in gewigstoot vir meisies 15 te eindig, wil gedoen wees!

Om die goue medalje met net een sentimeter te mis, is hartverskeurend! Ashley se 14,54m het haar vorige Nellie-rekord van 13,82m uit die rekordboeke gevee. Die wenner, Zonica Lindeque van Gauteng met 14,55m, het sekerlik ‘n sug van verligting geslaak toe die item afgehandel was.

Ashley se tweede silwer was in skyfwerp, waar sy met 42,27m ook korte mette van haar rekord van 38,56m gemaak het.

Deur die seisoen, het Jaytee Boers konstant in die 800m (s.19) presteer. Daar is dan ook verwag dat hy ‘n goeie kans sou staan om die eindronde in die item op SA’s, te haal. Jaytee het egter getoon dat hy meer as dit kon doen, deur sy aan sy met T.Nwagu van Gauteng, wenpaal toe te beur.

Uiteindelik slaag die Gautenger net-net daarin om in 1:51.71 (teenoor Jaytee se uitstekende 1:52.10) goud voor die Laevelder weg te raap en as skole-kampioen uit die stryd te tree. In die Paarl het Jaytee met ‘n goeie 1:54.26 (derde in die uitdun) net-net nie vir die eindronde gekwalifiseer nie.

Die ongelooflike 1,75m wat Shanese de Clerck by die Laeveld-inter in hoogspring (m.14) gehaal het, is nog vars in die geheue. Konstante vertonings het daarop gedui dat sy ‘n krag by die nasionale byeenkoms kon wees – wat dan ook die geval was. Shanese (nog onder 14), het voortreflik presteer, al moes sy (soos Ashley) teen die onder 15’s meeding.

Net Gauteng se Micaylee Botha (1,71m) kon Shanese (1,68m) van goud weerhou. Shanese se 1,75m bly egter steeds die beste hoogte vanjaar deur ‘n 14-jarige.

Lourens Potgieter (s.17) moes vanjaar teen uiters strawwe mededinging in die naellope aantree. Hy het vasgebyt en op Secunda sy plek in die Mpumalanga-span verseker. Al moes Lourens in die individuele items die knie buig, spog hy ook vandag met silwer, nadat hy lid was van die provinsiale span wat tweede in die wissel-aflos (verskillende afstande) geëindig het. Mpumalanga (1:58.74) is gevolg deur Vrystaat (1:59.74). Die wenners was Gauteng, met ‘n tyd van 1:52.95.

Al het hulle nie die rostrum gehaal nie, het verskeie ander atlete gewis nie hul provinsie in die steek gelaat nie. Deurgaans is blink vertonings gelewer.

SA-skole, Port Elizabeth

Rhodé Nel (m.17): 100m – 12.54 sek. (vierde in die semifinaal); ook 200m – 25.35 sek.
Lourens Potgieter (s.17): 100m – 11.31 sek.; ook 200m – 22.58 sek.
Marvin Mtethwa (s.19): 110m hekkies – 15.48 sek.
Hannes Botha (s.15): spiesgooi – 47,70m
Marco Capazorio (s.15): 100m hekkies – 14.46 sek.
Handré van der Merwe (s.5): 300m hekkies – 40.17 sek.
Anya Venter (m.15): skyfwerp – 32,74m (pb)
Douw Kruger (s.17): skyfwerp – 52,28m (vyfde in die finaal)

ASA Jeug en Junior Kampioenskappe, Paarl

Rhodé Nel (m.onder 18): 100m – 12.30 sek. (in semi-finaal)
Lourens Potgieter (s.onder 18): 100m – 11.22 sek.; ook 200m – 22.88 sek.
Douw Kruger (s.onder 18): skyfwerp – 51,82m (vyfde in finaal)

NHS is breëbors oor sy ster-atlete en hul uiters bekwame afrigters! Baie geluk ook aan mnr.

DP Badenhorst, wat vir die soveelste keer, met SA-kampioene uit sy ‘worpe-fabriek’, kan spog.

Foto heel bo: Zander van der Merwe en Mnr DP Badenhorst

 

Mnr DP Badenhorst en Douw Kruger
Tags: AthleticsHoërskool Nelspruit

Related Posts

Schools That Rock chat to Zander Steyn
Latest News

Schools That Rock chat to Zander Steyn

January 26, 2021
Schools That Rock gesels met Olga van Niekerk
Latest News

Schools That Rock gesels met Olga van Niekerk

January 26, 2021
Schools That Rock gesels met Jane Vorster
Freestate Schools

Schools That Rock gesels met Jane Vorster

January 26, 2021
Schools that rock gesels met Erika Vollmer
Latest News

Schools that rock gesels met Erika Vollmer

January 26, 2021
Schools That Rock gesels met Reinardt Visser
Latest News

Schools That Rock gesels met Reinardt Visser

January 26, 2021
Schools that rock gesels met Brady Welthagen
Latest News

Schools that rock gesels met Brady Welthagen

January 26, 2021
Next Post

Hoërskool Punt leerder wen goud by SA Tweekamp-kampioenskappe

Please login to join discussion

POPULAR NEWS

Suretha Campher tells her “Blood story”

Suretha Campher tells her “Blood story”

November 9, 2020
Primêre Skool Jordania: Dr André Smith oor die toekoms van onderwys

Primêre Skool Jordania: Dr André Smith oor die toekoms van onderwys

November 9, 2020
Northern Cape High School learners rewarded

Northern Cape High School learners rewarded

November 17, 2020
Chris Briel sê waarom Hoërskool Witteberg sy gunsteling skool is

Chris Briel sê waarom Hoërskool Witteberg sy gunsteling skool is

June 29, 2020
Baie dankie aan Du Toit Neethling vir die waardering teenoor Schools That Rock

Baie dankie aan Du Toit Neethling vir die waardering teenoor Schools That Rock

September 25, 2020

Get daily news updates to your inbox!

Subscribe to our mailing list to receives daily updates direct to your inbox!

* indicates required
ADVERTISEMENT

EDITOR'S PICK

Rooies presteer in Gholf

May 3, 2016

Redenaars van Hoërskool Fichardtpark kwalifiseer vir semi-finaal

May 4, 2016

Willem Postma redaksie besoek NALN

May 4, 2016

Eben Dönges redenaars deur na Vrystaat finaal

May 4, 2016

Follow us

About

Schools That Rock is a young company, we are looking forward to a very bright future in serving the schools and learners of South Africa.

Recent Posts

  • Schools That Rock chat to Zander Steyn
  • Schools That Rock gesels met Olga van Niekerk

Newsletter

Get daily news updates to your inbox!

Subscribe to our mailing list to receives daily updates direct to your inbox!

* indicates required
  • Advertise
  • Contact Us
  • Terms and Conditions
  • Privacy Policy

© 2021 Schools that Rock - Developed by Volt Africa.

No Result
View All Result
  • Home
  • Latest News
  • Western Cape
    • Western Cape Schools
      • Cape Town
      • Knysna
      • Paarl
      • West Coast
    • Western Cape Sports
  • Eastern Cape
    • Eastern Cape Schools
      • East London
      • Port Elizabeth
    • Eastern Cape Sports
  • Gauteng
    • Gauteng Schools
      • East
      • North
      • Pretoria
      • South
      • West
    • Gauteng Sports
  • Other Provinces
    • Freestate
      • Freestate Schools
      • Freestate Sports
    • Kwazulu Natal
      • Kwazulu Natal Schools
      • Kwazulu Natal Sports
    • Limpopo
      • Limpopo Schools
      • Limpopo Sports
    • Mpumalanga
      • Mpumalanga Schools
      • Mpumalanga Sports
    • North West
      • North West Schools
      • North West Sports
    • Northern Cape
      • Northern Cape Schools
      • Northern Cape Sports
  • Lets Talk
  • Vacancies
  • Events
  • Contact Us

© 2021 Schools that Rock - Developed by Volt Africa.

Welcome Back!

OR

Login to your account below

Forgotten Password? Sign Up

Create New Account!

OR

Fill the forms below to register

*By registering into our website, you agree to the Terms & Conditions and Privacy Policy.
All fields are required. Log In

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In
This website uses cookies. By continuing to use this website you are giving consent to cookies being used. Visit our Privacy and Cookie Policy.