Die hoof, personeel en al die leerders van HoĆ«rskool Florida is baie trots op mee Blanche Nortje en Jolette Beneke wat aan die Onderwysdepartement se National Teachers award – Kompetisie deelgeneem het.
Die twee dames is tydens `n glansgeleentheid op 2 November deur die minister van Onderwys, mnr Panyaza Lesufi, as die naaswenners in Gauteng aangewys.
Me Nortje het aan die kategorie āExcellence in Physical Science (FET Phase)ā deelgeneem en me Beneke aan āExcellence in Maths (FET Phase)ā.
Die twee dames het geskenkbewyse van Hirsch en `n kontantbedrag van ABSA as prys ontvang.
Weereens baie geluk aan die twee puik onderwysers!
Vlnr ā Blanche Nortje en Jolette Beneke