Lohan Coetzee en Elzaan van de Venter van Ligron Akademie vir Tegnologie het beslis nie stil gesit tydens die grendeltydperk nie! Hulle het ingeskryf vir die Mentor My- kompetisie, ‘n talentkompetisie vir jong mense wat van toneelspel hou.
Beide Liggies het deurgedring na die finale waar hulle gekies is om deel uit te maak van ‘n groep leerders wat aanlyn opleiding sal ontvang. Die opleiding het reeds in Augustus begin en sal vir ‘n jaar voortgesit word. Die kersie op die koek is wanneer hulle in 2021 op die TV sal verskyn saam met die akteurs wat hulle gaan mentor en oplei.
Baie geluk – ons sien uit daarna om julle op die kassie te sien!