TSA Super 8 Tennis. Morgan Jordaan van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, het gedurende die vakansie aan Tennis Suid-Afrika (TSA) se Growthpoint Super 8-toernooi (o. 16) in Bloemfontein deelgeneem.
Morgan het die as wenner van die Super 8-Tennis toernooi weggestap. Die Nasionale Tennis toernooi het gedurende die vakansie begin en Morgan het die SA o. 14-tenniskampioenskap met ‘n telling van 6-3; 6-0 in die finaal, gewen. Sy is dus 2022 se SA o. 14-kampioen!
Morgan vorm nou deel van die SA-span wat Suid-Afrika vanaf 2 tot 8 Mei in Harare, Zimbabwe, verteenwoordig. Sy gaan as lid van die o. 14-span aan die ITF/CAT Southern African Zonal Team Championships, deelneem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf