Martin Theron van Hoërskool Strand, het die naweek van 12-14 April aan die Eden Uitnodigingsgala in Knysna, as deel van CTMA se span, deelgeneem.
Hy het aan twee individuele items en een aflositem deelgeneem. Die aflos was 100m vryslag vir seuns en hulle het ‘n 4de plek behaal.
In die twee individuele items waaraan hy deelgeneem het, het hy soos volg presteer:
ADVERTISEMENT
50-meter vlinderslag – 3de plek
100-meter rugslag – 2de plek
Dit was ‘n ongelooflike ervaring.