Toutrek Wêreldkampioenskappe. Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal in die Suid-Kaap, se 560kg Protea-span het ‘n driekuns behaal tydens Toutrek Wêreldkampioenskappe in Mannheim Duitsland.
Die 560kg Toutrekspan van die Hoër Landbouskool Oakdale het vanjaar tydens die Toutrek Wêreldkampioenskappe in Mannheim Duitsland skoonskip gemaak. Die kampioenskappe het van 5 – 8 September plaasgevind. Dit is vanjaar die derde agtereenvolgende jaar dat Oakdale as die Toutrek Wêreldkampioene in die 560kg afdeling gekroon is. Verlede jaar het in Sursee Switserland plaasgevind en in 2022 in Holten, Nederland.
Hul trekke het as volg plaasgevind:
- Oakdale teen Engeland: wen 2-0
- Oakdale teen Duitsland: gelykop 1-1
- Oakdale teen Chinese Taipei: wen 2-0
- Oakdale teen Switserland: wen 2-0
- Oakdale teen Nederland: gelykop 1-1
- Semi-finaal: Oakdale wen Duitsland 2-0
- Finaal: Oakdale wen Chinese Taipei 2-1

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








