Top student vereer. Hoërskool Ermelo se top-presteerdeer vir 2021, Leandri Viviers, is by die jaarlikse Mpumalanga Departement van Onderwys se Prysuitdeling vereer. Sy is een van die Top 10 studente in dié provinsie. Leandri spog met ‘n uitstekende gemiddeld van 93.8% en ‘n totaal van agt onderskeidings: 99% vir Toerisme, 95% vir Rekeningkunde, 95% vir Fisiese Wetenskappe, 94% vir Wiskunde, 93% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 93% vir Lewenswetenskappe, 92% vir Lewensoriëntering en 88% vir Afrikaans Huistaal.
Slegs die Top 10 word aangekondig en nie enige spesifieke plekke wat deur elke leerder behaal is nie. Leandri is nie net in die top 10 van die provinsie nie, sy is ook aangewys as die beste student in die vak Engels Eerste Addisionele Taal. Leandri is onlangs by Hoërskool Ermelo se Akademiese Prysuitdeling ook vereer as DUX-leerder vir 2021. Sy ontvang ook ‘n kontantprys van ‘n anonieme skenker wat jaarliks ‘n bedrag skenk aan die graad 12-leerder wat die beste vaar in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe in hul NSS-eksamen.
Leandri gaan in 2022 Aktuariële Wetenskap aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom studeer.
Baie geluk, Leandri. Hoërskool Ermelo is voorwaar trots op jou.
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za