Top sprekers. Op 16 Desember 2021, het die organiseerders van Poduimpret ‘n prestige aand aangebied. Dit is by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou vir Suid-Afrika se top sprekers.
Pellatt Smith, van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, is vereer met ‘n spesiale toekenning vir die leierskap wat hy op skoolvlak in kultuur getoon het. Die Poduimpret Prestige Aand is afgesluit deur Pellatt met ‘n toespraak oor Integriteit.
Pellatt word dopgehou as een van die land se jong opkomende skerpskertsers.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za