Woensdag 12 Mei het ANHS se Landsdieners aan boeresport deelgeneem. Die taai stroop-appels het menigte met ‘n stroopgesiggie laat rondloop. Landsdieners moes op hulle rue lê met hulle voete in die lug. Terwyl hulle ‘n bak met water op hulle voete balanseer, moes hulle probeer om hulle skoene uit te trek.
Die sakresies het vir groot kompetisie gesorg, maar die eierresies het ontaard in ‘n hewige eiergeveg. ‘n Prys is aan die groep met die meeste gees uitgedeel.
In between all the fun there was still time for an egg and flour fight! Not only did the children enjoy it but some may say that the teachers enjoyed it more. The tug of war competition between the Grade 12 and 11 learners led to great excitement.
ANHS Land Service, is more than just a club, it’s a family!
Foto’s verskaf