Die tweede rondte van die liga is Vrydag op Volksrust beslis. Ligbron se A-span het met ‘n telling van 41 gelykop met Hoogenhout gespeel.
Dries Odendaal teken 15 punte vir Ligbron aan. In die B-liga eindig Ligbron tweede. Diean Swart staan uit met 19 punte aangeteken vir die Liggies.
Ligbron wen die C-liga vir die dag met 44 punte aangeteken. Renier van Staden het 16 punte op die bord gesit.