Toer na Egipte. Tien EHS-leerders het die voorreg gehad om ‘n toer na Egipte te onderneem. Die toer het vanaf 3 tot 12 Oktober geduur en die leerders is vergesel deur vyf onderwysers.
Die toer het in Kaïro afgeskop met ‘n besoek aan die Grand Egyptian Museum. Daarna is ‘n papirusmuseum asook ‘n ou Koptiese kerk besoek. Die groep het daarna na Aswan gevlieg waar die tempel van Philae en ‘n Nubiese nedersetting besoek is. Volgende was ‘n bootrit op die Nyl vir drie dae. Die boot het aangedoen by Edna en Esfu. Die Kom Ombo-tempel is besoek en uiteindelik is daar anker gegooi by die geskiedkundige stad Luxor. Daar is die Karnak-tempels besoek en die aand het hulle die stad in perdekarretjies besigtig.
Die volgende dag is daar besoek afgelê by drie graftombes van voormalige farao’s by die Vallei van die Konings. Daarna het die groep per bus na Hurghada vertrek. Hurghada is aan die Rooi See geleë en hier was vele geleenthede vir pret en plesier!
Bellagio-oord
Die groep het tuisgegaan by die Bellagio-oord. Vandaar is hulle per boot geneem na sommige van die nabygeleë eilande. Daar het die groep onder toesig van ‘n bekwame gids gesnorkel. Daar was ook tyd vir ‘n besoek aan Paradise Island en watersport- en pret op die fletsblou Rooi See.
Die volgende dag het die groep ‘n ‘quadbike’-safari in die woestyn onderneem. Dit het groot vermaak aan die jonges en seer sitvlakke aan die onnies verskaf!
Daarna is hulle terug na Kaïro vir ‘n besoek aan die piramides van Giza en ‘n basaar. Die befaamde stegies van Khanil-el-Khalili sowel as die Cairo Festival City-inkopiesentrum is ook besoek.
“Wat ‘n onvergeetlike ervaring was dit nie, met groot dank ook aan ons Hemelse Vader wat die skool, leerders en onderwysers oor al die duisende kilometers veilig bewaar het. EHS is dankbaar en bevoorreg om só ‘n geleentheid te kan bied vir die leerders van die skool.
Tour to Egypt
Ten EHS learners had the privilege of touring Egypt. The tour lasted from 3 to 12 October and the learners were also accompanied by five teachers.
The tour kicked off in Cairo with a visit to the Grand Egyptian Museum. Afterwards, a papyrus museum as well as an old Coptic church were also visited. The group then flew to Aswan where the temple of Philae as well as a Nubian settlement were visited. Next was a boat ride up the Nile for three days. The boat docked at Edna and Esfu. The Kom Ombo temple was visited and eventually anchor was dropped at the historic city of Luxor. The Karnak temples were also visited and in the evening they viewed the city in horse-drawn carriages.
The next day a visit was made to three tombs of former pharaohs at the Valley of the Kings. After that, the group left for Hurghada by bus. Hurghada is located on the Red Sea and there were obviously many opportunities for fun here!
Bellagio resort
The group also stayed at the Bellagio resort. From there they were also taken by boat to some of the nearby islands. There, the group snorkeled under the supervision of a competent guide. There was also time for a visit to Paradise Island and water sports and fun on the frilly blue Red Sea.
The following day, the group undertook a quadbike safari in the desert. It undoubtedly provided great entertainment to the young and sore bums to the onnies!
They then went back to Cairo for a visit to the pyramids of Giza and a bazaar. The famed alleys of Khanil-el-Khalili as well as the Cairo Festival City shopping mall were also visited.
“What an unforgettable experience it was, with great thanks also to our Heavenly Father who kept the school, learners and teachers safe over all the thousands of kilometres. EHS is grateful and privileged to be able to provide such an opportunity for the learners of the school.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf