Tjaart Vorster Tennistoernooi. Hoër Meisieskool Oranje se 2de tennisspan het ‘n vierde keer agtereenvolgens die Tjaart Vorster Tennistoernooi in Cradock gewen. Die span was ook onoorwonne.
Oranje, met die Theron-sussies en twee Ameli’s in hul geledere, het Saterdag vir Curro Durbanville in die eindstryd met 15-3 geklop. Dit is die derde keer agtereenvolgens wat hierdie twee skole in die eindstryd slaags was.
Seges deur Oranje is ook teen Hoërskool Outeniqua van George (21-4) en Clarendon High School for Girls East London (20-7) gewen. Verder het hulle ook geseëvier teen Pearson High School, Gqeberha (27-0) en Hoërskool Framesby, Gqeberha (27-0). Die kersie op die koek is dat een leerder van Oranje nog in graad 8 is en drie van die spelers in graad 9.
Ameli Theron van Oranje het al haar enkelspelwedstryde in skoon stelle gewen!
Tjaart Vorster Tennis Tournament. Hoër Meisieskool Oranje’s 2nd tennis team won the Tjaart Vorster Tennis Tournament in Cradock. This was a fourth time in a row. The team was also undefeated.
Oranje, with the Theron sisters and two Ameli’s in their ranks, also beat Curro Durbanville 15-3 in the final on Saturday. This is also the third time in a row these two schools met each other in the final.
Oranje also won against Outeniqua High School of George (21-4), Clarendon High School for Girls, East London (20-7), Pearson High School, Gqeberha (27-0) and Framesby High School, Gqeberha (27-0).
Ameli Theron of Oranje also won all her singles matches.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf