‘n Graad 8 leerder van Hoërskool Upington, Tiche Nel, het besonders goed gevaar tydens die pas afgelope WOW Spelfees.
Tiche het 3 kwalifiserende rondtes deurgegaan en het die afgelope naweek haar staal gewys toe sy tydens die Provinsiale rondte die eerste posisie behaal het in die kompetisie.
Tiche gaan nou haar skool en provinsie verteenwoordig by die landswye finaal wat 21 Oktober in Stellenbosch gehou sal word.
Almal by Uppies is geweldig trots op haar.
‘