Tibby Saayman
‘n Mens kry nooit iets soos te veel herineringe nie, en Hoërskool Kroonstad het vir my gehelp om van die bestes te vorm.
Toe ek op laerskool was kon ek nie wag om hoërskool toe te gaan nie. Daar waar jy al die nuwe mense ontmoet en jou eie potjie begin krap. Dit was natuurlik net so gewees. Daar was ‘n heel ander siening wat ‘n mens kry oor die lewe sodra jy by daai hekke instap!
Die hoërskool – en by name Blouskool – het my ook gladnie teleurgestel nie. Daar het ek van my lekkerste tye deurgebring, van skiewiekampe, 9/10, sportgeleenthede, sokkies, selfs die covid jaar wat vir my gevul was met soveel pret.
Blouskool het selfs ‘n paar onverwagte verrassings ingehou wat my laat besef het dat by hier by Bloues al my hartsmense geleë is. Hier het ek gegroei en hier het ek geleer en hier is waar my hart altyd sal lê, by my skool Hoërskool Kroonstad.
Byt vas al die graad 7’s. Dit is binnekort weer julle beurt om die deur oop te maak na die nuwe fase van julle lewe!