‘Tennis Social’. Op Donderdagaand, 25 Januarie, het 28 gemengde dubbelspare ingeskryf vir Hoërskool Ermelo se heel eerste ‘Tennis Social’ van 2024.
Tussen ure se speel deur het die braaivleisvure en gees hoog gebrand! Na die rondomtalie- en uitspeelwestryde, het die volgende leerders plekke behaal:
- Ryno Maritz en Elizma Swart wen teen Dick Rouillard en Wianke Cloete (7-5)
- CR Van Dijk en Madri Van Niekerk eindig derde
In totaal was daar 108 wedstryde gespeel en elkeen daarvan was gelaai met Errie-“guts”.
Die EHS sien uit na wat 2024 vir die tennis inhou!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf