Tennis. Oranje Primêr se eerste tennis span maak hul skool baie trots. Hierdie uitstekende span is onoorwonne hierdie jaar.
Die eerste span het vanjaar aan verskeie toernooie deelgeneem. Van die spanne is Amanda Coetzer, Primêre Skool Truida Kestell, Gerrie Berner en PNB Paribas Rising star tennistoernooi. Al hierdie spanne is aangedurf sonder om ‘n enkele wedstryd te verloor. Hierdie tennis span was ook die Bloemfontein ligawenners en sluit die 2022-tennisseisoen onoorwonne af!
Die span het uit die volgende dogters bestaan:
- Mandie Claassens
- Lika Claassens
- Inge Ferreira
- Yana Olivier
- Anneke Linde
- Cara Louw
- Arnel Theron

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








