Tennis – Paul Roos se drie top spanne het hierdie naweek ongelooflike diepe in tennis gewys. Hulle het aan drie eerste klas toernooie deelgeneem. Paul Roos het die 18e Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi aangebied waarin hul eie tennis eerste span gespeel het. Die tweede span reis vir die tweede jaar na Nelspruit om deel te neem aan die Groot Vyf-tennistoernooi en die derde span neem vir die eerste keer aan die Tjaart Voster-tennistoernooi in Cradock deel.
Die eerstespan tennis het ‘n spannende finaal naelskraap met 2 wedstryde teenoor 4 teen Grey Kollege verloor. Dit was Grey College se eerste tennis titel by die toernooi in 18 jaar. Paul Roos het die titel die vorige vyf jaar gewen.
Die naweek se tennis het ondanks ‘n swart suid-ooste wind tennis van hoogstaande gehalte gelewer. Paul Roos het al sy wedstryde in die rondomtalie-fase gewen en onder andere ook met die sterk span van Paarl Boishaai afgereken. In die semi-finaal het Paul Roos vir Hoërskool Outeniqua in die tennis geklop.
Die Nelspruit-toernooi is ook deur die weer geteister, maar ten spyte van verskeie onderbrekings weens die reën stap Paul Roos met die louere weg na ’n naelbyt-finaal teen Menlopark van Pretoria.
In Cradock was die manne ook in ’n taai stryd gewikkel met Hoërskool Pearson, en moes die knie buig na hulle 11 – 13 verloor het.
Die feit dat drie spanne tot in die tennis finale van die kompetisies deurgedring het, getuig van die diepte van die tennisprogram by Paul Roos. Die skool is opgewonde dat so baie spelers die geleentheid het om op topvlak aan tennis deel te neem.
Volledige uitslae:
Die o/19A tennis spanlede was Willem de Waal, Pieter Kotze, Leonardo Sola, Jake Downie, Echard de Kock, Divan Prinsloo en Xander Pienaar.
Die span se volledige uitslae was as volg:
- PRG wen Paarl Boishaai: 4 – 3
- PRG wen King Edward School (KES): 7 – 0
- PRG wen St Stithians: 7 – 0
- PRG wen Westville Boys High: 6 – 1
- PRG wen Oakdale Landbou: 6 – 1
- PRG wen Outeniqua HS: 4 – 0 (semi-finaal)
- PRG verloor teen Grey College: 2 – 4 (finaal)
Tweede span: Resultate:
- Wen teen Waterkloof: 13-0
- Wen teen Nelspruit Hoër: 13-0
- Wen teen Affies: 9-0
- Wen teen Menlo Park: 5-4
Die spanlede is: Christiaan Cronje, Louis Uys, Jan-Harm Lessing, Melt van As, Francois Dercksen, Ian Pansegrouw, Connor Morrison
Derde span: Resultate:
- Wen teen Volkskool 26-2
- Wen teen Voortrekker 26-1
- Wen teen Marlow 24-3
- Wen teen Stirling HS 24-4
- Wen teen Oakdale 24-3
- Verloor teen Pearson HS 11-13 (finaal).
Paul Roos Gimnasium tennis eindig tweede uit 14 spanne.
Die spanlede is: Charl Henning, Jaco Smith, Henro Kruger, Liam Davies, Herman Roux, Raynard Kamffer en Zach Parsadh.
Tennis: Paul Roos’ top three teams showed incredible depth in tennis this weekend. They competed in three first-class tournaments. Paul Roos also hosted the 18th Zest Fruit Gerrie Berner Tennis Tournament in which their own first team played. The second team travels to Nelspruit for the second year to take part in the Big Five tennis tournament and the third team also takes part in the Tjaart Voster tennis tournament in Cradock for the first time.
It was Grey College’s first title at the tournament in 18 years. First-team lost a thrilling final 2 games to 4 against Grey College.Paul Roos had also won the title the previous five years.
The weekend’s tennis delivered high-quality tennis despite a black south-east wind. Paul Roos won all his matches in the round-robin phase and also played with the strong team of Paarl Boishaai, among others. In the semi-finals, Paul Roos beat Outeniqua High School in tennis.
The Nelspruit tournament was also plagued by the weather, but despite several interruptions due to the rain, Paul Roos walked away with the laurels after a nail-biting final against Menlo Park of Pretoria.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za