Tennis. Hoërskool Vredendal se eerste twee meisies en seuns tennis spanne asook die derde span het teen Hoërskool Lutzville hul liga wedstryd gespeel.
Met redelik onervare spelers het Vredendal se spelers steeds hulle goed van hul taak gekwyt en die dag baie geniet.
- Die 1ste seuns tennis span het naelskraap met 51 potte teenoor 39 gewen.
- Die eerste meisies verloor met vyf wedstryde teenoor een. Die tweede meisies verloor ses wedstryde teenoor 0.
- Die tweede seuns wen met vier wedstryde teenoor twee.
- Die derde span meisies het baie goed gespeel met 3 van die 4 leerders wat hulle eerste wedstryd gespeel het. Hulle wen vyf wedstryde teenoor een.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf