Tennis. Baie geluk aan Ernst Gouws, Paul Roos Gimnasium se nommer 1 tennisspeler, met die wen van die Mans Ope afdeling by die Cape Town GrowthPoint Super 8 Tennistoernooi.
Ernst het as 2de gekeurde in die finaal met Alexander Edley, eerste gekeurde, afgereken met 6/7 (7), 7/5 6/4. Ernst het in beide die kwarteindrondte en semi-finaal elke keer drie stelle nodig gehad om die onderskeie wedstryde te wen. In sy laaste drie wedstryde het hy die eerste stel verloor maar vasgebyt om die wedstryde te wen.
Paul Roosers wat ook aan die toernooi deelgeneem het was Stephen Claassen, Johan van Wijk, Leonardo en Sebastiano Sola, Willem de Waal, Jake Downie en Justin Cowley. Willem de Waal het derde geëindig in die O/16 afdeling.
Welgedaan aan die Paul Roos manne en sterkte met die Winelands Growthpoint wat Donderdag begin!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za