)

Teksmark 2024 – Hoërskool Randburg

Teksmark 2024. Teksmark is ‘n KKNK-projek, in samewerking met NATi, die Universiteit van Johannesburg, ATKV en die Vrystaat Kunstefees. Die doel van die projek, Teksmark 2024, is om nuwe Suid-Afrikaanse dramatekste te ontdek en te ontwikkel. Tydens die proses kry dramaturge die geleentheid om hulle tekste aan belanghebbendes in die teaterindustrie voor te lê vir moontlike verdere ontwikkeling.

Verteenwoordigers van teaters en kunstefeeste, vervaardigers en ander beleggers word genooi om Teksmark by te woon. Die dramaturge lê hulle tekste voor, bespreek dit en kan onderhandel met moontlike belangstellendes wat die tekste wil ontwikkel en gebruik.

Vier nuwe tekste word Donderdag 24 Oktober vanaf 14:00 tydens die tweede sessie van Teksmark Joburg as leesteater by die Keorapetse William Kgotsitsile Teater op die Kingsway Kampus van die Universiteit van Johannesburg aangebied.

Ethan Bester, graad 11 leerder van Hoërskool Randburg, se teks “Eendag” is een van die 4 tekste. Dit blyk dat Ethan die enigste leerder in die uitgelese geselskap is.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsrandburg.co.za/

Foto verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal