)

TBM-krieketliga – Hoërskool Witteberg stap met louere weg

TBM-krieketliga. Hoërskool Witteberg se 1ste dogterskrieketspan het met die louere weggestap by die finaal van die dogters se TBM-krieketliga. Die finaal het op Donderdag, 17 Februarie, plaasbevind. Witteberg het kragte gemeet teen Hoërskool Paul Erasmus van Senekal.

Nadat Senekal die loting gewen en Witteberg ingestuur het om te kolf in die TBM-krieketliga finaal, het dit behoorlik lopies gereën. Leozé Lottering het vir die derde keer in vier wedstryde haar halfeeu met die kolf aangeteken met 58 lopies van 49 balle. Sy is goed bygestaan deur Ivé van der Westhuizen. Hulle het ‘n 78-lopie vennootskap op die telbord geplaas. Witteberg teken 143 lopies in die gegewe 20 beurte aan.

Met die bal het die Wittebergers verwoesting gesaai en vinnige werk van paaltjies neem gemaak. Senekal het 52 lopies in 14 beurte aangeteken toe die laaste paaltjie kantel.

Met die bal het Evané du Toit drie paaltjies geneem en slegs 15 lopies afgestaan in vier beurte. Elry Flores neem ook twee paaltjies in drie beurte. Ziané Lottering neem drie paaltjies in vier beurte. Die speler van die dag, wat met die kolf en die bal uitgeblink het, was Leozé Lottering. Sy neem twee paaltjies in vier beurte en staan slegs sewe lopies af. 

Witteberg wen dus die wedstryd met 91 lopies en word gekroon as die TBM ligawenners vir 2022.

Foto verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://witteberghs.co.za

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal