Swem uitslae Sasolburg Interhoër. Een-en-twintig swemmers van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het aan die Interhoër Swem op 8 Februarie in Sasolburg deelgeneem.
Die swemmers is Mia Ehlers, Zelia Lessing, Skye Schoeman, Caitlyn Koster, Ebet Bester, Kiana Engelbrecht, Erin Holder, Piet Botha, Stephan Naudé, Hein Smith, Dawid Terblanché, Wian Burger, Cami Landman, Lerize van Rooyen, Zahné van Rooyen, Kennith Outram, Jomari van der Linde, Jayden Maritz, Minke Uys, Joshua Reynolds en Maroné Borman.
BHVS se swemmers het in totaal 1 goue medalje, 10 silver medaljes en 17 brons medaljes verower.
Trekkertrots!
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za