Swem Splash Festival. Tydens die Splash Festival wat by die Knysna-meer plaasgevind het in Desember, het Ébet Bester 3 km geswem in ‘n tyd van 57:01:20. Cherná Fouché het weer aan die Free State Championship deelgeneem en swem die 200 m vryslag in 2:50,56 en die 400 m vryslag in 6:06,51. Die afgelope naweek het swemmers, wat ook lede van die Bethseals Swemklub is, deelgeneem aan oopwaterswem te Baynesfielddam. Kennith Outram swem 3 km in 58:00:56 en Carmi Dowling swem 3 km in 1:06:32.
Trekkertrots!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto verskaf