Swem. Guilma Lausberg en Cara van der Bijl van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein was onderskeidelik die beste sewentienjarige en sestienjarige vroueswemmer op die Vrystaat-kampioenskappe van die afgelope naweek.
Guilma het drie goue medaljes, twee silwer en vier bronsmedaljes in die individuele swemnommers verower. Cara was in een item eerste, in vyf tweede en in drie derde. Oranje se ander toppresteerders was (slegs individuele items):
Anieke Helmand: agt goud
Emma Terblanche: sewe goud
Francis Whelan: vier goud, twee silwer en vier brons
Francisca van Rooyen: drie goud, een silwer en vier brons
Danielle Joubert: drie goud, een silwer en een brons
Mari Nortjé: twee goud, vier silwer en twee brons
Chloë le Roux: twee goud, drie silwer en twee brons
Foto verskaf
Meer nuus: https://schoolsthatrock.co.za