Swartland Frogfoot 7’s. Hoërskool Swartland se rugbymanne het die naweek aan die Swartland Frogfoot 7’s toernooi deelgeneem en het uitstekende resultate gelewer.
Hoërskool Swartland O.17:
- Wen Hexvallei Sekondêre Skool 41 – 5 – Man van die wedstryd: Daniel Walters
- Wen Hoërskool Dirkie Uys 35 – 0 – Man van die wedstryd: Kailen Kotze
- Gelykop vs Hoërskool Strand 12 – 12 – Man van die wedstryd: Kailen Kotze
- Wen Melkbosstrand 36 – 5 – Man van die wedstryd: Liam Anthony
- Eindig 2de in Pool A, a.g.v. die punteverskil.
Hoërskool Swartland O.17’s dring deur na die semi-finaal en wen teen Montagu 29-24. Man van die wedstryd: Kailen Kotze
- In die Swartland Frogfoot 7’s finaal teen Hoërskool Punt van Mosselbaai wen Swartland 19-17 – Man van die wedstryd: JH Kleynhans
- Swartland O/17 eindig dus 5de en onoorwone.
Hoërskool Swartland O.15:
- Verloor teen Hoërskool Schoonspruit 5 – 0
- Wen Jakes Gerwal Tegniese Skool 22 – 10
- Wen Wesbank Skool 24 – 7
Die o.15’s dring deur na die Plaat semi-finaal en wen teen Hoërskool Punt van Mosselbaai 24 – 21. Man van die wedstryd: De Wet van Aswegen
In die Plaat finaal, verloor Hoërskool Swartland se o.15’s teen Hoërskool Strand 17-24 en eindig algeheel 6de.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf