)

Superinterhoër Atletiek – Potchefstroom Gimnasium was Super

Superinterhoër Atletiek. Daar is beslis iets in Potchefstroom Gimnasium se water wat top atlete oplewer! Gimmies se atlete was super by die Superinterhoër Atletiek. Hierdie span atlete het die groep 2-afdeling gewen!

Gimmies het deelgeneem teen skole soos Rustenburg, Transvalia, KHS en Nelspruit. Gimmies skuif nou op na groep 1-afdeling en gaan volgende jaar kragte meet teen skole soos Garsfontein, Zwartkop, Noordheuwel en Helpmekaar.

Gimmie-guts het geseëvier en 22 goue-, 15 silwer- en 18 bronsmedaljes is ingepalm. Twintig atlete het bo 800 punte behaal. Stephané Hook is as die Junior Victrix Ludorum aangewys. Dit is ’n besonderse prestasie waarop Gimmies baie trots is.

Die volgende atlete het meer as 800 punte behaal:

  • Seuns o.14: Logan Botes – Diskus en gewigstoot
  • Seuns o.15: Jahndré Coetzee – Diskus en Righardt Joubert – 100m en 100m hekkies
  • Seuns o.16: Tihard Strydom – 1500m
  • Seuns o.17: Sihle Mahlangu – 100m en 400m
  • Seuns o.17-aflos: PC Schutte – 1500m
  • Seuns o.19: Seegers du Plessis – hoogspring en Richter van der Merwe – diskus
  • Dogters o.14: Anika Botes – 100m, 200m en 90m hekkies
  • Dogters o.15: Stephané Hook – gewigstoot en spiesgooi
  • Mathilda Liebenberg – 800m en Doneli Steynberg – diskus
  • Dogters o.16: Jamoré Olivier – diskus en gewigstoot en Abbigail Viljoen – 3000m
  • Dogters o.17: Suné Greeff – 400 m hekkies; Mariné Jacobs – diskus en gewigstoot; Sandri van Rooyen – 100m en 200m en 100m hekkies; Alri Verster – 1500m en 800m; Abbigail Viljoen – 3000m
  • Dogters o.19: Ilané Herbst – 800m

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://gimmies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal