Super 8 – Primêre Skool Jordania in Bethlehem het puik gevaar by die Super 8 toernooi. Jorries se rugby- en netbalspanne het gewys waartoe hulle in staat was tydens die toernooi. Die toernooi het plaasgevind op 8 en 9 April in Kroonstad.
Hulle het te staan gekom teen sterk kompetisie van 7 ander deelnemende skole. Slegs die A-spanne en hul reserwes het aan die toernooi deelgeneem.
Jorries se 1ste Netbalspan asook die o/11A rugbyspan het in hulle afdelings as wenners uitgetree. Die 1ste Rugbyspan asook die o/12A netbalspan eindig 2de in hul onderskeie afdelings!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.jordaniaprimer.co.za/
Foto’s verskaf