)

Strand Toutrek – Hoërskool Strand Toutrekmeisies bly op wenpad

Strand Toutrek. Hoërskool Strand se 480kg meisies toutrek het die afgelope Saterdag, net soos die vorige Saterdag, die WP-spanne gedomineer. Hulle het die algehele derde plek op plaaslike bodem te behaal.  Onder aanvoering en afrigting van Zounica van der Merwe, het hulle daarin geslaag om in ‘n taai drie-trek hul grootste WP-opponente, die Westcliff-meisies, te verslaan.

Die WP/ Wynlandkompetisie is met trots deur Hoërskool Strand en sy laerskool eweknie, die Helderbergklub, aangebied.  104 Spanne het in warm en winderige toestande hul spanne geslyp en hul staal gewys. Dit is met die oog op volgende naweek se WP/Wynland Kampioenskap, wat by Worcester Gimnasium plaasvind.

Nog ‘n span wat die oog gevang het, is Rico Theart se 560kg B-span. Hulle bestaan meestal uit beginnertrekkers. Hierdie begeesterde span het gewys dat hulle in die toekoms dopgehou moet word!

Sekerlik die mees konstante span is die 520kg gemengde span (4 seuns en 4 meisies) onder aanvoering van Schalk van der Merwe. Hulle het ook, soos verlede week, hulself in ‘n medaljeposisie getrek. Die feit dat twee ervare lede nie beskikbaar was nie, het hulle nie afgeskrik nie. Hulle was weer (soos verlede week) die beste WP-span in hul gewigsgroep op die dag.

Met minder as drie weke oor na die SA Kampioenskap te Malmesbury Skougronde, verskuif die klem nou na volgende Saterdag se WP/Wynland kampioenskap. Die amptelike inweeg van trekkers vind hierdie Dinsdagmiddag plaasvind.

Oor minder as ‘n week sal dit bekend wees of Hoërskool Strand weer spanne gaan hê wat die Westelike Provinsie by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gaan verteenwoordig.  Voorspoed met die inweeg, finale voorbereidings en natuurlik met die komende groot kampioenskappe!

Dis hoe mens afslaan!

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.hsstrand.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal