Stellenbosch Erfenisstigting . Die kenmerkende blou Stellenbosch Erfenisstigting gedenkplaat is voor die Bloemhof hoofingang geïnstalleer. Dit is op 11 Maart amptelik deur die pas- uitgetrede skoolhoof, me Wilna van Heerden, onthul en gevier.
Die waarde van dié gedenkplaak word kortliks in die volgende aanhalings saamgevat:
- ‘n Blou gedenkplaak plant die saad dat ‘n plek miskien ‘n ruimte is om te stil te staan, na te dink en ‘n tweede blik te neem.
- ‘n Blou plaak is ‘n herinnering dat mense wat voorheen op ‘n plek was iets besonders bereik het. Blou gedenkplake vier mense, plekke, argitektuur en gebeurtenisse.
- Hulle is historiese merkers en prikkel nuuskierigheid.
In die woorde van die huidige voorsitter van die Stellenbosch Erfenisstigting, Kabous Meiring: “𝐃𝐢𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐥𝐞𝐝𝐞 𝐦𝐨𝐞𝐭 𝐣𝐨𝐮 𝐝𝐢𝐞 𝐬𝐞𝐥𝐟𝐯𝐞𝐫𝐭𝐫𝐨𝐮𝐞 𝐠𝐞𝐞 𝐨𝐦 𝐭𝐞 𝐰𝐞𝐞𝐭 𝐰𝐚𝐚𝐫𝐧𝐚 𝐣𝐲 𝐨𝐩 𝐩𝐚𝐝 𝐢𝐬.”
Hoër Meisieskool Bloemhof bedank graag die goedkeuringskomitee van die Blou Plaak Skoleprojek, die prinsipaal van die Sentrum vir Bewaring en Opvoeding, mnr Anton Fortuin sowel as sy voorganger, me Sigi Howes. Hulle was direk met die toekenning van ons Blou Erfenis Plaak gemoeid.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








