St. Mary’s Tennis Festival. Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, se A-tennisspan het koning gekraai by die St. Mary’s Tennis Festival in Johannesburg!
Die span het die afgelope naweek aan die toernooi deelgeneem en het, na hul semi-finaal oorwinning teen die Hoërskool Menlopark in die finaal teen St. Mary’s, die gasheerskool, te staan gekom. Die Bloemhofspan tree as oorwinnaars uit die stryd nadat hulle al hulle wedstryde in die finaal gewen. het.
Wat ‘n uitsonderlike prestasie!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.bloemhofschool.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








