St John’s Hokkietoernooi. Sekondêre Meisieskool Oranje se o.14A hokkkiespan het gister, 24 Maart, die St John’s Hokkietoernooi oorheers. Oranje se o.16’s het tweede geëindig na ‘n naelbyt finaal. Die St. John’s hokkietoernooi het in Pietermaritzburg plaasgevind.
Oranje se o.14A span het met ‘n totaal van 33 doele teenoor 3 doele in sewe wedstryde gewen!
Speler-prestasies:
- Estelle Marx is die voorspeler van die toernooi en voorste doelskieter. Sy het 11 doele geskiet.
- Carmen van Wyk is die toernooi se beste middeveldspeler.
Uitslae:
- Oranje wen 6-1 teen Lady of Fatima
- Wen 2-0 teen Hoërskool Garsfontein
- Wen 9-0 teen Hoërskool Pietermaritzburg
- Wen 4-1 teen St. Anne’s
- Wen 9-0 teen Affies
- Wen 2-0 teen St. Mary’s Kloof (halfeind)
- Wen 1-0 in uitskietstryd (1-1) teen St. John’s (eindstryd)
Die o.16A’s se enigste nederlaag in die St. Mary’s Kloof-toernooi in Durban was in die eindstryd teen Menlopark in ’n uitskietstryd.
Uitslae:
- Oranje wen 6-0 teen Pietermaritzburg
- Wen 2-0 teen Wykeham
- Wen 4-0 teen Durban Girls’ High
- Gelykop 1-1 teen Affies
- Gelykop 2-2 teen Danville
- Wen 2-0 teen St. John’s (kwarteind)
- Wen 5-1 teen Eldoraigne (halfeind)
- Verloor 0-2 in uitskietstryd (0-0) teen Menlopark (eindstryd)
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za