ASA Nasionale byeenkoms. Vyf Oranjeniete het die afgelope naweek medaljes gewen by die ASA Nasionale byeenkoms in Pretoria.Twee leerders en drie oud-leerders was onder die medaljewenners op Atletiek Suid-Afrika se nasionale o.16-, o.18-, o.20- en o.23-byeenkoms in Pretoria.
- Rumé Burger (gr. 10) was 2de in die 100m vir o.18’s in ’n tyd van 11.85.
- Diné le Roux (gr. 11) was 3de in die 100 m-hekkies vir o.18’s (13.78).
- Johani van Tonder (matriek 2022) het die driesprong vir o.23’s met ’n sprong van 12.39 m gewen.
- Roline Louw (matriek 2023) was 2de in die 100 m-hekkies vir o.20’s. Haar tyd (14.07) laat haar vir die o.20-Wêreldkampioenskap kwalifiseer.
- Charné Wansbury (matriek 2023) het 3de in die 100 m vir o.20’s geëindig. Haar tyd (11.71) laat haar vir die o.20-Wêreldkampioenskap kwalifiseer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf