)

St. Dominic’s T20 Cricket – Bethlehem Voortrekker Hoërskool wen

St. Dominic’s T20 Cricket. Die eerste krieketspan van Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die afgelope naweek deelgeneem aan die St. Dominic’s T20 Cricket festival in Welkom. BVHS het al drie hul wedstryde gewen. 

Antonio Cavaleiro het in die 1ste wedstryd teen Hoëskool Goudveld ‘n pragbeurt in die St Dominic’s T20 gespeel en het 105 lopies aangeteken van slegs 59 balle. Hendrik Janse van Rensburg het hom goed ondersteun deur self 54 lopies by te dra. CW Nel het 4 paaltjies laat kantel in Goudveld se kolfbeurt.

In die 2de wedstryd teen Welkom Gimnasium het Hendrik 86 lopies aangeteken en Antonio 42.  Xander van Staden (2/23) was die beste bouler van die wedstryd.

Teen St. Dominic’s het Hendrik met die bal uitgeblink en 4/24 geneem. Presley Lesoro (44 nie uit nie) het seker gemaak dat Voortrekker die wentelling suksesvol verbysteek.

Baie geluk aan al die spanlede van BVHS met hul oorwinning van die St Dominic’s T20 : Hendrik Janse van Rensburg, Johan Whitehead, Presley Lesoro, Antonio Cavaleiro, Wean Claasen, Rian Roos, Juan Theunissen, CW Nel, Ruan Haward, Xander van Staden, Obey Matuso Rowen Scholtz.

Trekkertrots!

Foto verskaf

Lees meer oor BVHS:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.voortrekker.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal