Sportspanne – Hoërskool Strand se sportspanne het die afgelope naweek hul eerste amptelike wedstryde ná die vakansie gespeel teen Hoërskool Charlie Hofmeyr. Dit was ‘n dag vol aksie en trots!
Al die sportspanne, rugby, hokkie, netbal en skaak, het met passie en vasberadenheid meegeding. Hulle het gewys dat hulle reg is vir die uitdagings van die nuwe seisoen.
Die volgende sport is gespeel:
Skaakspan:
- Die skaakspan het die bord oorheers en al hul wedstryde gewen. Dit is ‘n ware bewys van fokus en strategie.
Netbal:
Baie geluk aan die o.18A-netbalspan wat met ’n opwindende 30–28 oorwinning teen Hoërskool Charlie Hofmeyr die kollig gesteel het! Die netbalspanne het vir groot opwinding gesorg met spanning tot die laaste sekonde. Hulle harde werk en spanwerk het werklik vrugte begin afwerp. Arende is trots op hulle!
Nog netbal uitslae:
- o.14A: gelykop
- o.14C: verloor 11–13
- o.14D: verloor 7–8
- o.16A: verloor 18–20
- o.16D: verloor 10–11
Hierdie uitslae wys hoe naby die kompetisie is en beklemtoon die veggees van die spelers.
Hokkie
Hokkiespanne het sterk weerstand beleef. Uitslae was as volg:
- Seuns eerstespan: verloor 3–5
- Dogters eerstespan: gelykop 1–1
Rugby:
Rugby het krag en karakter gewys: Uitslae soos volg:
- Eerstespan: verloor 24–43
- o.16A-span: Hulle lewer ‘n kragvertoning en wen met ’n indrukwekkende 66–0.
Al hierdie wedstryde dien as ’n stewige fondament vir die seisoen wat voorlê.


Hoërskool Strand sien uit na verdere groei, ontwikkeling en sukses in al hul sportspanne.
Welgedaan aan elke speler en afrigter – hou aan bou en glo in die pad vorentoe!
Lees meer: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








