Sportprestasies. Vier leerders van HTS Middelburg, Mpumalanga, se sportprestasies het gelei tot hul verkiesing tot verskeie sportspanne.
Provinsiale Rhinoweek: Tydens die provinsiale Rhinoweek is Jacques Stassen verkies tot die o.17-Rhinospan wat in Desember na Ierland toer. Hulle sal teen van Ierland se beste o.17-spanne meeding.
Southern Legion rugbyspan. Desmond Milner is as ‘n lid van die Southern Legion Span verkies om Suid-Afrika te verteenwoordig in die o.18 Ope Kompetisie van die World Schools Festival 2023 in Thailand.
HSBC SVNS Toernooi. Luhan Graaff en Deoné du Plessis is verkies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die HSBC-toernooi. Hulle toer 28 November tot 4 Desember na Dubai. Baie geluk met jul verkiesing tot die verskeie spanne. Deoné is ook verkies as kapteine van die span.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf