)

Sport – Sentrale Skole Sportreeks 2023

Sport. Daar word met groot opwinding uitgesien na die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks vir 2023. Die reeks het reeds in 2018 ontstaan, maar die afgelope jaar was slegs die 3de jaar van aktiewe deelname. As gevolg van die COVID-19-pandemie kon beide die 2020- en 2021-seisoene nie plaasvind nie. Dit was egter weer verblydend om skole se deelname die afgelope seisoen te kon beleef.

Danksy die betrokkenheid van verskeie skole, met die doel om massadeelname te bevorder, het die reeks die afgelope seisoen weer gesorg vir vele hoogtepunte en vir vriendskappe wat op en van die sportveld gesmee kon word. Die kern van hierdie reeks se bestaan, is die feit dat B- en C-spanne die geleentheid kry om ook gereeld hul skole te kan verteenwoordig. Die bestuur is besonders trots op dié unieke sport reeks wat oor drie provinsies strek.

Direksie

Na afloop van 2022 se jaarvergadering, is die volgende lede tot die Direksie van 2023 verkies:

  • Uitvoerende Direkteur: Mnr GH Coetzee, Bethlehem Voortrekker Hoërskool
  • Adjunk Uitvoerende Direkteur: Mnr H Wilken, Hoërskool Jim Fouché
  • Direkteur Administrasie: Mev N Olivier, Hoërskool Goudveld
  • Direkteur Finansies: Mnr C Liversage, Hoërskool Sentraal
  • Direkteur Bemarking: Mnr h van der Merwe, Hoërskool Fichardtpark
  • Direkteur Mediaskakeling: Mnr H Oosthuizen, Hoërskool Witteberg
  • Direkteur Fondswerwing: Mej R Siebert, Hoërskool Goudveld
  • Toernooidirekteur: Mnr D Pretorius, Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Baie geluk aan elke verkose lid. Ons weet die reeks is in puik hande en dat u die reeks van krag tot krag sal neem. Die nuwe direksie wil graag ‘n spesiale woord van dank aan mnr. Paul Sauer rig. As ‘n stigterslid en Uitvoerende Direkteur vir die afgelope drie jaar van die reeks, het mnr. Sauer ‘n ongelooflike waardevolle bydrae gelewer tot die sukses van hierdie reeks. Mnr. Sauer verlaat sy amp, maar nie die reeks nie. Die direksie wens hom alle sterkte toe met die nuwe uitdagings wat hy aanpak. Ons weet dat hy steeds ‘n groot verskil sal maak vir die onderwys.

Veranderinge

Daar word ook uitgesien na heelwat veranderinge in die sport reeks vir die 2023 seisoen. Hoewel daar in die eerste drie seisoene in die vorm van ‘n groepfase deelgeneem is, het die direksie besluit om weg te doen met uitspeelwedstryde na afloop van die groepwedstryde en eerder alle betrokke skole op ‘n interskoolbasis teen mekaar te laat deelneem. Daar gaan dus geen semi-finale of finale gespeel word nie en skole se plekplasing aan die einde van die seisoen, sal die wenners in elke sportkode bepaal. Die besluit maak die reeks uniek aan sy soort. Dit beteken dat daar in 2023 elf weke van interskole oor drie provinsies sal geskied.

Die byvoeging van die Hoërskool Trio in die plek van Hoërskool Noord-Kaap is ook iets om na uit te sien. In Trio se eerste bestaansjaar het hul reeds gewys dat hul as ‘n skool sterk kan kompeteer teen ander skole in die streek en is tans die Griffons o19-rugbykampioene. Daar is ook reeds ander skole wat die direksie genader het om in die nabye toekoms moontlik deel van die reeks te word.

Die afgelope seisoen het ook vir heelwat verrassings gesorg met verskeie skole wat bewys het dat hul tydens inperking hard gewerk het aan hul sport en ‘n paar plekke op die puntelyste opgeskuif het.

Deelnemende skole vir 2023 is as volg:

  • 1. Hoërskool Fichardtpark
  • 2. Hoërskool Sentraal
  • 3. Hoërskool Witteberg
  • 4. Bethlehem Voortrekker Hoërskool
  • 5. Hoërskool Diamantveld
  • 6. Hoërskool Goudveld
  • 7. Hoërskool Trio
  • 8. Hoërskool Jim Fouché

Die betrokkenheid van die reeks se borg, Wesgrow, moet natuurlik al die krediet kry. Hul ondersteuning en borgskap, selfs in die tydperk waar geen sport die afgelope paar jaar toegelaat was nie, dien as bewys dat hul hart groot is vir die sentrale streek-gemeenskap en dit word opreg waardeer.

Wesgrow Fixture 2023
Sports 

The Wesgrow Central Schools Sports Series for 2023 is being looked forward to with great excitement. The series originated already in 2018, but the last year was only the 3rd year of active participation. Due to the COVID-19 pandemic, both the 2020 and 2021 seasons could not take place. However, it was again gratifying to experience schools’ participation this past season.

Thanks to the involvement of various schools, with the aim of promoting mass participation, the series once again provided many highlights and friendships that could be forged on and off the sports field during the past season. At the heart of this series’ existence is also the fact that B and C teams have the opportunity to be able to represent their schools regularly as well. Management is also exceptionally proud of this unique series that spans three provinces.

Board of Directors

Following the 2022 annual meeting, the following members were elected to the 2023 Board of Directors:

  • Executive Director: Mr GH Coetzee, Bethlehem Voortrekker High School
  • Deputy Executive Director: Mr H Wilken, Jim Fouché High School
  • Director Administration: Mrs N Olivier, Goldfield High School
  • Director Finance: Mr C Liversage, Central High School
  • Director Marketing: Mr H van der Merwe, Fichardt Park High School
  • Director Media Liaison: Mr H Oosthuizen, Witteberg High School
  • Director Fundraising: Miss R Siebert, Goldfield High School
  • Tournament Director: Mr D Pretorius, Bethlehem Voortrekker High School

Congratulations to every elected member. We know the series is in great hands and that you will also take the series from strength to strength. The new board would also like to extend a special word of thanks to Mr. Trump. Paul Sauer directs. As a founding member and Executive Director for the last three years of the series, Mr. Sauer made an incredibly valuable contribution to the success of this series. Mr. Sauer is leaving office, but not the series. The board wishes him all the best in the new challenges he is taking on. We also know that he will continue to make a big difference for education.

Changes

We are also looking forward to many changes in the sports series for the 2023 season. Although the first three seasons were participated in the form of a group stage, the board decided to do away with playoffs after the group matches and instead have all schools involved compete against each other on an inter-school basis. Therefore, no semi-finals or finals will be played and schools’ place placement at the end of the season will determine the winners in each sporting code. The decision also makes the series unique to its kind. This means that in 2023 eleven weeks of interschools will take place across three provinces.

The addition of the Trio High School in place of Northern Cape High School is also something to look forward to. In Trio’s first year of existence, they have already shown that as a school they can compete strongly against other schools in the region and are currently the Griffons u19 rugby champions. There are also already other schools that have approached the board to potentially become part of the series soon.

The involvement of the series’ sponsor, Wesgrow, should of course get all the credit. Their support and sponsorship, even in the period where no sport has been allowed in recent years, serves as proof that their heart is big for the Central Regional community, and it is greatly appreciated.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal