Sport: hoogtepunte 2021. Sport vorm ‘n groot deel van Schools That Rock se berigte. Die meeste van ons lesers geniet die skole sport wat ons bied. Schools That Rock kyk terug na verskeie sport hoogtepunte van Vrystaatskole gedurende 2021. Sport news play an important role at Schools That Rock. We look back at the sport highlights of the Free State schools during 2021.
Hiermee ‘n aantal van ons sport hoogtepunte 2021 van Junie 2021.
Skiet
Welkom Volkskool: Jaden Potgieter van Welkom Volkskool het op 5 Junie in Bethlehem aan ‘n Streek Skietkompetisie deelgeneem.
Jaden verwerf die volgende medaljes: Goud vir 0/9 Springer skiet; Silwer vir 0/13 .22 skiet en Brons vir 0/13 Springer skiet. Hy het ook sy Vrystaat Streekkleure vir 0/9 en 0/13 skiet verwerf.
Gimnastiek
Primêre Meisieskool Oranje: Geen hoogtes te hoog of balke te smal vir hierdie sussies nie. Leané en Letitia De Smidt het op 12 Junie aan die Helena Botha Artistiese Gimnastiek kompetisie deelgeneem en soos volg presteer:
Leané de Smidt – vlak 5Spronge 1ste, Brug 1ste, Balk 1ste, Vloer 2de. Sy behaal ‘n algehele 1ste plek en goue medalje.
Letitia de Smidt – High Performance Olympics vlak 2: Spronge 2de, Brug 2de, Vloer 2de, Balk 2de. Sy behaal ‘n algehele 2de plek en silwer medalje.

Laser Run
Primêre Meisieskool Oranje: Carine Beukman, Ellé Cloete en Munay Uys is ingesluit in die Suid Afrikaanse Laser Run span. Hulle het Saterdag, 12 Junie, deelgeneem aan die Laser Run Wêreld Kampioenskap in Cairo, Egipte.

Cycling
Grey College: The Grey MTB team took part in the second Free State Provincial XCO Series held at Happy Valley in Bloemfontein.The following riders did exceptionally well:
Junior men: 1st Niel MacLeod, 2nd Erik van Rooyen, 4th Johan Visser
Youth men: 1st JJ Holtzhausen, 2nd Jay Zijlstra, 3rd Fourie Burger, 4th André van Rooyen, 5th Tiaan Correira, 6th Wouter Wessels
Sub junior boys: 1st J.J. Koekemoer, 2nd Beau Zijlstra, 4th Aiden Claassen.

Grey Kollege: Jean-Jacques Holtzhausen, fietsryer en atleet, Gr10, van Grey Kollege het uitstekend presteer tydens dié sportbyeenkomste.
Hy verwerf ‘n eerste plek tydens die Vrystaat padfietskampioenskappe wat onlangs in Bloemfontein gehou is, sowel as ‘n derde plek tydens die Nasionale Bergfietsmarathon wat in die Paarl aangebied is.
Op 10 Julie het hy aan die SA XCO-bergfietsfinaal in Pietermaritzburg deelgeneem. Jean-Jacques is ook gekies vir die Vrystaat Dubbelkampspan wat op 26 Junie aan die Suid-Afrikaanse byeenkoms in Port Elizabeth deelgeneem het.

Grey Kollege: Die volgende Grey-fietsryers is ingesluit in die Vrystaatspan wat die provinsie later vanjaar sal verteenwoordig in die Provinsiale Kampioenskappe:
Adian Claassen (Sub Junior seuns), Beau Zijlstra (Sub Junior seuns), Jean-Jacques Koekemoer (Sub Junior seuns),
André van Rooyen (Jeug Mans), Fourie Burger (Jeug mans), Jay Zijlstra (Jeug mans), Jean-Jacques Holtzhausen (Jeug mans),
Erik van Rooyen (Junior mans) en Neil MacLeod (Junior mans), Franjo Hattingh (Junior mans).

Mnr. Juan van den Berg (hoof van fietsry), Jay Zijlstra, Jean-Jacques Holtzhausen (Jeug mans). Insetsels: Erik van Rooyen (regs) en Neil MacLeod (links)
Hokkie
Hoër Meisieskool Oranje: Vyf Hokkiespelers volg in ousus se spore. Net soos hulle ouer sibbe voor hulle, doen vyf spelers in die eerste hokkiespan vanjaar hulle ousus na deur vir dié span uit te draf. En boonop was die vyf ouer sussies in 2017 en 2018 almal spanlede.
Die vyf wat vanjaar in hulle ousus se voetspore volg, is Naudene Prinsloo, Nicóle le Roux, Leané McLaren, Mia Prinsloo en Carien de Wet. Hulle susters is onderskeidelik Matilé Prinsloo (2017-2020), Mikkela le Roux (2017-2020), Jacolene McLaren (2016-2018), Truné Prinsloo (2016-2020) en Mandie de Wet (2017-2019). Truné, Mikkela, Matilé Prinsloo en Jacolene was almal vir die SA o.18-skolespan gekies. Mikkela en Jacolene het ook vir die SA o.21-span uitgedraf.
Dis vanjaar die tweede jaar wat Naudene, Nicóle en Leané vir die eerste span gekies word. Carien en Mia is nuwelinge. In die laaste dekade was daar ook die Louw’s en Van Heerdens. Antonet Louw was al vyf haar jare op hoërskool (2010-2014) in die eerstes en haar sussie Frances in 2014 en 2015. Minke van Heerden (2012-2016) en haar jonger suster Sonika (2013-2017) het albei die uitsonderlike prestasie vermag deur hulle hele hoërskoolloopbaan vir die o.18A-span diens te doen!

Jacolene McLaren, Truné Prinsloo en Mandie de Wet
SANESA Perdeskou
Welkom Volkskool: Tené Martin het op 12 en 13 Junie aan die SANESA Qualifier 3 perdeskou deelgeneem en die volgende plekke behaal:
1ste Performance Riding, 1ste Working Riding, 4de Dressage.

Welkom Volkskool: Kara Taute van Welkom Volkskool het op 12 en 13 Junie aan die SANESA Qualifier 3 perdeskou deelgeneem en die volgende plekke behaal:
1ste 60cm Show Jumping 2 Phase; 1 ste 60cm Show Jumping; 1ste 60cm Equitation; 1ste 60cm Equitation; 2de 60cm Working Hunter.

Welkom Volkskool: Zonika v.d. Berg het op 12 en 13 Junie aan die SANESA Qualifier 3 perdeskou deelgeneem.
Sy het die volgende plekke behaal: 1ste 70cm Show Jumping 2 Phase; 2de 70cm Show Jumping; 1ste 70cm Equitation; 1ste 60cm Working Hunter.

Akrobate
Primêre Meisieskool Oranje: Hiné Calitz en Isabel Gutter van Primêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het 11 Junie aan die A.F.S.A International Acrobatic Dance kompetisie deelgeneem. Hulle het albei ‘honours’ met ‘n ‘distinction’ behaal.

More news/ Meer nuus: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








