South African Gym Games. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se gimnaste het gedurende die vakansie die Vrystaatspan verteenwoordig by die SA Gym Games.
Ixoré Cilliers het deelgeneem in vlak 5 vir meisies in die ouderdomsgroep 13 -17 jaar. Sy behaal ‘n 3de plek op spronge met ‘n punt van 9.20 uit 10. Sy behaal algeheel 13de plek.
Christon Kriel verteenwoordig die Vrystaat span vir meisies vlak 6 in ouderdomsgroep 13- 17 jaar. Sy behaal algeheel 35ste plek.
Baie geluk aan die gimnaste.
Trekkertrots!
Meer oor Bethlehem Voortrekker Hoërskool: