Mpumalanga Rugby. Hoërskool Ermelo is met reg trots op Arend Fourie, Tiaan Grobler, Armand du Preez en Ingus Ferreira. Hierdie vier manne het Mpumalanga Rugby op die veld verteenwoordig.
Arend Fourie, graad 12-leerder, was lid van die Cravenweekspan (o/18A-Mpumalangaspan) en Tiaan Grobler, Armand du Preez en Ingus Ferreira, almal graad 11-leerders, was deel van die Akademiespan (o/17A-Mpumalangaspan).
Alhoewel die onderskeie provinsiale weke nie dié jaar kon plaasvind nie, het die hierdie spelers op 9 Oktober te Jonnsons Kings Park in Durban teen die CellC Sharks gespeel.
Baie geluk aan hierdie Erries met die uitsonderlike prestasie en dankie dat julle EHS se naam hoog hou!
*Fotokrediet vir aksiefoto’s: Maritsa Jansen Photography
Lees meer oor Erries: