Sone C-atletiekbyeenkoms. Vier-en-sestig atlete van Primêre Meisieskool Oranje het Maandag, 30 Januarie, aan die Sone C-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Oranje het uitstekend presteer en behaal ‘n totaal van 25 eerste plekke, 11 tweede plekke en 12 derde plekke.
Oranje het ook die podium by die volgende items, waar die eerste-, tweede- en derde plekke deur Oranje dogters behaal is:
- 80m, o.10
- Verspring, o.12
- Hoogspring, o.13
- Spiesgooi, o.13
Baie geluk aan die 47 dogters wat kwalifiseer om op 15 Februarie aan die Motheo/Xhariep-byeenkoms deel te neem.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za