Sone 2-atletiekbyeenkoms – Die atlete van Hoërskool Fichardtpark het tydens die Sone 2-atletiekbyeenkoms gewys dat hulle nie net medaljes kan inpalm nie, maar ook geskiedenis kan maak!
Met goud, silwer én brons wat huis toe gebring is, het drie van hul o.14 hoogspringers die bestaande rekord verbeter. ’n Ongelooflike prestasie wat die skool se naam met trots laat weerklink.
Die atlete wat presteer het is as volg:
- Wianey Geyer het die lat op ’n indrukwekkende 1,55 m geslaan.
- Mieke Badenhorst het met styl ’n hoogte van 1,53 m behaal.
- Mianay Stapelberg het met ’n sprong van 1,50 m haar plek tussen die toppresteerders verseker.
Hierdie drie sterre het nie net hul eie grense verskuif nie, maar ook nuwe standaarde vir toekomstige Fichie-atlete gestel. Fichies se harte klop vol trots; julle is ware kampioene!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








