Skole Rugby. Twee rugbyspelers van Marlow Landbouskool is gekies om die OP 0/18 Akademiespan te verteenwoordig by die Nasionale 0/18 Akademieweek skole rugby. Dempers Meyer en Conrad Botha neem gedurende die vakansie deel aan die nasionale toernooi.
Gideon Jordaan, graad 10-leerder van Marlow, is gekies om die OP 0/16 Grant Khomo Span te verteenwoordig. Die Grant Khomo Week is altyd ‘n hoogtepunt op SA Rugby se kalender.
Marlow is trots op vier leerders wat gekies is vir die OP 0/16 Uitnodigingspan. JJ van der Mescht, Robert van Zyl, JP Richter en Jan Els neem ook gedurende die Junievakansie op Frankfort deel.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf